Crime

Paartjie met polisiewapen betrap

’n Vrou en haar vriend van Bela-Bela is op Woensdag 3 Mei in hegtenis geneem nadat die polisie hulle glo met ’n vuurwapen betrap het wat aan ’n metropolisielid behoort.

Kol. Maselela Ledwaba, provinsiale polisiewoordvoerder, sê ’n lid van die publiek het ’n wenk aan die polisie gegee dat die mense in besit is van ’n ongelisensieerde vuurwapen wat hulle by ’n haarsalon agter die ou Warmbad-kliniekgebou hou.

Die polisie het op ’n pistool en ammunisie beslag gelê en die twee in hegtenis geneem toe hulle nie ’n wettige vuurwapenlisensie kon toon nie.

Ledwaba sê die vrou, Dineo Mbatha (19), het aangevoer dat die wapen aan haar oorlede pa behoort het.

Twee mense van Bela-Bela het in die hof verskyn op aanklag van die besit van ’n gesteelde vuurwapen wat glo aan ’n polisiebeampte van Gauteng behoort het.

Ledwaba sê speurwerk het egter getoon dat die wapen in Oktober 2021 by die Wonderboom-polisiestasie in Gauteng gesteel is.

Mbatha en haar vriend, Johnny Khoza (36), het op Vrydag 5 Mei in die Bela-Bela-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ’n gesteelde vuurwapen en ammunisie.

Die saak is uitgestel na Woensdag 17 Mei wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen.

Hulle bly tot dan in aanhouding.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button