Crime

Aanvaller gevonnis ná plaasmoorde

Die hooggeregshof in Polokwane het die afgelope week ’n moordenaar twee keer lewenslange vonnis opgelê vir die moord op ’n boer en plaaswerker van Radium.

Simon Malebane, die boer, en Daniel Leburu, die plaaswerker, is in Augustus 2019 op Malebane se plaas in die Radium-gebied vermoor.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê Lazarus Mohapi het die twee mans erg aangerand voordat hy hulle koelbloedig vermoor het.

Mohapi is drie dae ná die voorval opgespoor en in hegtenis geneem.

Danksy puik ondersoekwerk van kapt. Dana Smith van die Bela-Bela-polisiestasie is die moordenaar van ’n boer en plaaswerker van Radium tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Ledwaba sê Mohapi het sedertdien in die hof verskyn op sewe aanklagte wat moord, sameswering om te roof, aanranding met die opset om te beseer en die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie ingesluit het. Hy word ook daarvan aangekla dat hy ’n onwettige immigrant is.

Mohapi is tot altesame 48 jaar tronkstraf gevonnis.

“Die saak is deur kapt. Dana Smith van die Bela-Bela-speurtak hanteer. Hy het deeglike ondersoekwerk gedoen wat verseker het dat die verdagte lewenslank tronk toe gestuur is,” het Ledwaba gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button