Crime

Wag dood in seildam gevind

Die liggaam van ’n veiligheidswag wat in sy veertigs is, is vroeg Sondagoggend 16 April in ’n gronddam wat met seil uitgevoer is, by die nuwe vullisterrein in Modimolle gevind.

Die wag, wat van ’n plaaslike veiligheidsonderneming is wat deur die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit aangestel is om die terrein te beveilig, was aan diens tydens die voorval. Teen druktyd is die man se naam nog nie bekend gemaak nie.

Volgens AO Pieter Booyse van die Modimolle-polisie was daar twee wagte aan diens.

Die ander wag het na die oorledene gesoek, maar kon hom nie opspoor nie. Sy liggaam is die volgende oggend in die seildam, wat ongeveer 30m x 30m groot is, gevind. Volgens Booyse ondersoek hulle die moontlikheid dat die veiligheidswag teen die skuinste afgegly het en nie weer teen die gladde seil van die dam kon uitkom nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button