Crime

Inbrekers teiken Game-kettingwinkel in Bela Mall

Die Game-kettingwinkel by die Bela Mall in Bela-Bela het op Maandag 3 April onder inbrekers deurgeloop.

Lt. kol. Annemarie Smith, Bela-Bela-speurtakhoof, sê die inbraak het glo tussen 18:00 en middernag plaasgevind.

“Die diewe het vermoedelik ’n gedeelte van die heining om die sentrum oopgesny om toegang tot die sentrum se perseel te verkry. Hulle het ’n hek agter die gebou, by die afleweringsgedeelte, oopgebreek om in die winkel te kom.”

Dit is nog onseker of Eskom-beurtkrag, wat tydens die inbraak ingetree het, ’n rol in die voorval gespeel het.

’n Veiligheidswag was die aand by die sentrum aan diens.

“Die alarmstelsel het wel later afgegaan, maar die verdagtes was toe reeds vort. Hulle het onder meer selfone en skootrekenaars gesteel voordat hulle op die vlug geslaan het.”

Greyling Lamprecht, sentrumbestuurder, sê die bestuur is onseker hoedat die booswigte toegang tot die perseel verkry het sonder dat die alarms geaktiveer is.

“Wanneer so iets gebeur, is dit maat-skappybeleid dat alle personeellede leuenverklikkertoetse moet aflê.”

Hy het gesê die misdaad is deeglik beplan en uitgevoer.

Die polisie ondersoek die voorval en volg alle leidrade op.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button