Crime

Verdagtes vas oor bokke en skape

Die polisie het op Vrydag 17 Maart drie verdagtes in Mokopane aangekeer wat verbind word met ’n veediefstalklag wat vroeër in die provinsie aangemeld is.

Luidens brig. Motlafela Mojapelo, provinsiale polisiewoordvoerder, is die drie mans naby die Nyl Plaza-tolhek in ’n Isuzu-bakkie met ’n waentjie vol vermoedelik gesteelde vee agterop voorgekeer.

“Die polisie het beslag gelê op 56 bokke, drie skape, die bakkie en waentjie nadat die verdagtes by een van ons padblokkades afgetrek is.”

Die verdagtes, waarvan twee buitelanders is, sou die week in die Mokopane-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde vee, sê Mojapelo.

Die polisie versoek dat die eienaar van die diere dit moet kom uitken by die skut in Mokopane. Vir navrae skakel tel. 082 450 1588.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button