Crime

Trokbande, diesel en batterye gevind

Twee verdagtes is op Vrydag 17 Maart aangekeer nadat die Roedtan-polisie eiendom wat vermoedelik gesteel is in hul vragmotor gevind het.

Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem nadat hul voertuie van die pad getrek en deursoek is tydens ’n operasie buite Roedtan. Die twee mans, wat in ’n eenton Kia-vragmotor was, is aangekeer nadat die polisie sewe trokbande, ’n kan diesel en twee batterye in hul besit gevind het. Die waarde is ongeveer R80 000, het kol. Malesela Ledwaba gesê.

Die twee verdagtes, wat 28 en 41 oud is, kon geen verduideliking gee vir die goedere wat in hul besit gevind is nie. Hulle is onmiddellik in hegtenis geneem en daar is beslag gelê op die vermoedelik gesteelde goedere en hul voertuig.

Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die goedere in Februarie gesteel is tydens ’n rooftog by ’n konstruksiewerf langs die R519 naby Zebediela. Die eienaar van die onderneming het die goedere reeds uitgeken.

Genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het die polisie se proaktiewe optrede geloof. Die twee verdagtes sal eersdaags in die hof verskyn.

Enigiemand wat verdere inligting het, kan Ledwaba bel by tel. 082 451 7180.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button