Crime

Skurke gryp Modimolle-werker se handsak in parkeerterrein

’n Rower het ’n wapen teen ’n werknemer van ’n supermark in Modimolle se kop gedruk en geld geëis. Hy het haar handsak gegryp en saam met ’n makker op die vlug geslaan.

Hierdie voorval het op Maandag 13 Maart om 12:00 gebeur toe die werknemer parkeerterrein toe gestap het vir haar etenstyd, het AO. Pieter Booyse van die Modimolle-polisie gesê. Sy deponeer gewoonlik die ondernemings se geld, maar dit was nie op dié dag die geval nie.

Die man het sy 9 mm-pistool op haar gerig en gesê sy moet haar handsak vir hom gee. Haar motorsleutels, R600 en haar selfoon was in die handsak. Die rower se makker het in ’n silwerkleurige Toyota voor haar stilgehou waarna die twee in die rigting van Limpopostraat gevlug het.

Die polisie waarsku sake-eienaars om op hul hoede te wees en seker te maak dat hulle hul roetine gereeld verander wanneer hulle geld deponeer.

Die Pos het in Februarie ook berig oor ’n werknemer wat in ’n winkelsentrum van R80 000 beroof was toe hy op pad was bank toe. Daar is kommer dat sakelui se doen en late dopgehou word sodat hulle voorgelê kan word wanneer hulle op pad bank toe is.

19Dit gebeur dikwels op ’n Maandag wanneer hulle die naweek se inkomste wil gaan deponeer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button