Crime

Bejaarde man naby Kranskop vermis

Die Modimolle-polisie is sedert Woensdag 1 Maart op soek na ’n man wat naby Kranskop vermis geraak het.

Jim Kedibone Golele (61) van Soshanguve het na Bochom in Limpopo vertrek om toerusting op te laai. Hy het sy vrou die aand om 20:00 laat weet dat hy ’n pap band op die Kranskoppad buite Modimolle gekry het. Sy kon hom daarna nie weer op sy selfoon in die hande kry nie.

’n Werknemer van ’n bande-onderneming in Modimolle het aan die polisie gesê dat hy Golele gehelp en teruggeneem het na sy voertuig. Hulle kon dit egter nie opspoor nie en hy het hom naby die Kranskopbrug afgelaai.

Nadat hy as vermis aangemeld is, het die polisie sy voertuig op ’n plaaspad daar naby opgespoor, maar daar was geen teken van Golele nie. Volgens AO. Eugene Clarens het plaaswerkers hom wel in die omgewing gesien, maar kon hulle hom nie weer opspoor nie. Die polisie, spoorsnyers en lede van die Heritage Protection Group (HPG) het met twee hommeltuie na hom gaan soek.

Volgens Clarens word daar vermoed dat hy in Kranskop of die Nylrivier se rigting beweeg het.

20Enigeen met inligting kan Clarens bel by tel. 082 943 1214.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button