Crime

Twee verdagtes vas oor renosters

Twee renosters is die afgelope week by ’n bekende renosterplaas buite Bela-Bela deur stropers doodgeskiet.

Die betrokke plaas se naam word om veiligheidsredes weerhou. Daar is al voorheen ook renosters op hierdie plaas gestroop.

Volgens lt.kol. Annemarie Smith, Bela-Bela speurtakhoof, het plaaspersoneel om 12:45 op Woensdag 1 Maart skote gehoor en gaan ondersoek instel.

Twee witrenosterkoeie is dood gevind. Albei se horings en sterte is verwyder.

Twee verdagtes is op Maandag 6 Maart deur lede van die polisie se hoofwegpatrollie en die eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies in hegtenis geneem, sê Smith.

Die een verdagte was glo ’n kontrakwerker op die plaas en het na bewering inligting laat uitlek en vergoeding daarvoor ontvang, sê Smith. Die tweede verdagte, ’n Zimbabwiër, is in Gauteng aangekeer.

Die polisie soek steeds na nog ’n verdagte, asook die vuurwapen wat in die misdaad gebruik is.

Die twee verdagtes sal eersdaags in die Bela-Bela-landdroshof verskyn op aanklag van die jag van bedreigde spesies.

Die saak word verder ondersoek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button