Crime

Minderjarige seuns van Modimolle weer in die hof ná boelie-voorval

Die twee seuns teen wie daar vroeër vanjaar klagtes van aanranding gelê is, gee hul samewerking, het ’n maatskaplike werker in die landdroshof getuig.

Die seuns het weer op Donderdag 23 Februarie in die hof in Modimolle verskyn. Die voorval, waar ’n 15-jarige seun herhaaldelik deur ’n 12- en 15-jarige geslaan is, is gedurende Desember op kamera vasgelê deur die seuns. Dit het onder die aandag van volwassenes gekom toe dit versprei is en ’n klagte is by die polisie gelê.

Die Pos het berig dat die voorval vermoedelik in ’n parkie plaasgevind het, maar dit het intussen aan die lig gekom dat dit by die slagoffer se huis was. Die Pos het van verskeie partye verneem dat die konflik ’n aanloop gehad het voordat die bakleiery uitgebreek het.

Die seuns se identiteite word beskerm omdat hulle almal minderjarig is. Hulle is tydens ’n vorige hofverskyning vir mediasie verwys waarna hulle ’n rehabilitasie-program saam met ’n maatskaplike werker voltooi het.

Die saak is uitgestel tot Vrydag 31 Maart sodat die verslae ingedien kan word. Indien die seuns die rehabilitasie-program suksesvol voltooi, kan die klagtes teen hulle laat vaar word. Indien daar bevind word dat hulle nie gerehabiliteer het nie, kan die staat besluit om voort te gaan met vervolging.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button