Crime

Groot bedrogsaak wéér uitgestel

Die saak teen Yeolande Botes van Leshole Legal in Modimolle het weer op Woensdag 8 Februarie in die streekhof in Modimolle voorgekom. Die saak is uitgestel tot Vrydag 21 April.

Botes (42) staan tereg op 46 aanklagte van bedrog en diefstal. Daar word beweer dat sy haarself as ’n prokureur voorgedoen het.

Die Pos het vroeër berig dat sy haarself luidens die klagstaat as eksekuteur van ’n gestorwe boedel voorgedoen het. Die eiendomme in die boedel is verkoop, maar is glo nooit in die kopers se name geregistreer nie en oordragkostes is nooit oorbetaal nie.

Sy het ook na bewering ’n eiendom aan twee of drie kopers “verkoop”. Die kopers het die koopsom of die grootste gedeelte daarvan betaal. Hulle het slegs kleiner bedrae teruggekry.

Die aanklagte teen Leshole Legal, haar firma wat sy deure in 2012 in die dorp geopen het, strek glo vanaf 2016 tot 2021 en beloop etlike miljoene.

AO Eugene Clarence is die ondersoekbe-ampte in die saak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button