Crime

Lewenslank tronk toe ná moordklag

’n Man van Bela-Bela is verlede week in die Hooggeregshof in Polokwane lewenslank tronk toe gestuur vir die moord op sy vriendin.

Volgens lt.kol. Annemarie Smith, Bela-Bela-speurtakhoof, het die moord op 2 Oktober 2021 in die Bela-Bela-township plaasgevind.

Die man en vrou, Frans Lebudi (34) en Rosinah Masheane (34), het ongeveer 20:00 die aand in ’n argument betrokke geraak. “Lebudi het brandstof oor Masheane gegooi en haar aan die brand gesteek. Nooddienste is ontbied, maar sy het later aan haar brandwonde beswyk,” het Smith gesê.

Lebudi is skuldig bevind aan moord en was twee jaar lank verhoorafwagtend. Hy is op Maandag 30 Januarie tot lewenslange tronkstraf (25 jaar) gevonnis. Daar is ook beslis dat hy nie geskik is om ’n vuurwapen te besit nie.

Kapt. Dana Smith was die ondersoekbeampte in die saak.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button