Crime

Rowers oorval huiswerker op plaas

’n Huiswerker is die afgelope week in haar woonplek op ’n plaas in die Boekenhout-omgewing buite Modimolle deur vyf gewapende rowers oorval.

Die vrou het ongeveer 23:30 wakker geword toe haar venster breek. Een van die mans het deurgeklim waarna hulle haar staaldeur oopgedwing, het AO James Findlay van die Modimolle-polisie gesê.

Die aanvallers het haar daarna glo gedwing om die hoofhuis se deur oop te sluit waarna hulle vyf handwapens, ’n skootrekenaar, ’n kamera en ’n plasma-televisie gebuit het. Die vrou is nie in die voorval beseer nie.

  • In nog ’n voorval is twee vroue wat op Donderdag 19 Januarie om 20:00 in Alf Makalengstraat in Modimolle huis toe gestap het, deur twee mans oorval. Een van die mans was met ’n mes gewapen en die ander het vermoedelik ’n handwapen gehad, het Findlay gesê. Hulle het met die vroue se handsakke en bankkaarte gevlug.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button