Crime

Vreemdeling se dood ondersoek

Die Bela-Bela-polisie is besig met ’n geregtelike doodsondersoek nadat ’n man op Vrydag 13 Januarie dood in ’n plaaslike gastehuis aangetref is.

Volgens ’n polisiewoordvoerder was die oorledene betrokke by veiligheidsdienste, wat onder meer die beveiliging van die Uniegebou in Pretoria insluit.

Sy naam word volgens die polisie om veiligheidsredes nie bekend gemaak nie.

’n Kollega van die oorledene het in ’n verklaring aan die polisie gesê dat hy en die man omstreeks 06:45 die oggend in Bela-Bela gaan draf het toe die man begin kla het van borspyn.

Die man het ’n saamrygeleentheid gekry en is terug na die gastehuis.

Sy kollega het die oorledene na bewering om 09:30 dood in sy kamer aangetref. Die oorledene het op sy gesig op die vloer gelê met skuim om sy mond.

Personeellede van Life24-ambulansdienste het hom op die toneel dood verklaar.

Die oorledene is oorspronklik van Soshanguve.

Die woordvoerder het gesê die man se dood het baie vrae laat ontstaan maar hy kan nie kommentaar op die ondersoek lewer nie.

  • Vier mense is op dieselfde dag dood in ’n grusame ongeluk op die R101-pad net buite Radium.Volgens die polisie het ’n botsing reg van voor teen omstreeks 21:10 naby die vervalle Codrington-treinstasie plaasgevind toe ’n swaarvragmotor en ’n Bantam-bakkie gebots het. Die vier mense, wie se identiteite en geslag nie bekendgemaak is nie, is op slag dood.

    Die vragmotorbestuurder, ’n Zimbabwiër, het ligte beserings opgedoen en is op vier aanklagte van strafbare manslag aangekla.

    Hy sou in die week in die hof verskyn.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button