Crime

Man vas nadat kabels verdwyn

’n Vermeende kabeldief is die afgelope week in Modimolle vasgetrek en die polisie is warm op die spoor van sy twee makkers.

Die Modimolle-polisie het inligting ontvang oor drie mans wat in besit van koperkabels is, het woordvoerder AO James Findlay gesê. Hul voertuig is op Maandagoggend 16 Januarie in die dorp voorgekeer en polisie het afgekom op Eskom-kabels en stukke koper wat vermoedelik van Transnet afkomstig is. Die verdagtes kon nie verduidelik van waar die koper afkomstig is nie. Findlay het gesê dit weeg sowat 85 kg en het ’n waarde van ongeveer R13 000. Twee van die mans het op die vlug geslaan.

Dié inhegtenisname vind plaas teen ’n agtergrond van huishoudings en ondernemings wat lamgelê word deur urelange beurtkrag wat vererger word deur gereelde kabeldiefstal in die dorp.

Die 26-jarige verdagte sou vandeesweek in die hof in Modimolle verskyn het op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button