Crime

Inbrekers rand Bela-Bela-gaste aan

Rowers het op Vrydag 23 Desember by ’n gastehuis in Van der Merwestraat in Bela-Bela ingebreek en die gaste aangerand.

Die naam van die gastehuis word op versoek weerhou.

Volgens lt.kol. Annemarie Smith, Bela-Bela-speurtakhoof, het ’n man en vrou van ’n ander provinsie by die gastehuis oornag.

Twee inbrekers het teen ongeveer 02:00 die oggend oor die gastehuis se muur gespring en ’n glasdeur oopgewing om toegang tot die huis te kry.

Die inbrekers het die gaste wakker gemaak en met skerp voorwerpe aangerand, het sy gesê. Die verdagtes het ’n selfoon en die vrou se handsak gebuit voordat hulle gevlug het.

Die gaste het mediese behandeling ontvang en teruggekeer na hul tuisdorp.

Pogings om kommentaar van die gastehuis-eienaar te kry was onsuksesvol.

Die verdagtes is steeds op vrye voet.

Enige verdagte aktiwiteite moet onmiddellik onder die polisie se aandag gebring word.


Die Bela-Bela-polisie se aanklagkantoor kan gekontak word by tel. (014) 736 9760/1 of tel. 079 889 5614. Kol. Abel Phetla (stasiebevelvoerder), kan bereik word by tel. 082 565 8512, lt. kol. Piet Maswanganyi (sigbare polisiëringbevelvoerder) by tel. 082 414 2704, lt. kol. Annemarie Smith (speurtakhoof), by tel. 082 319 9336 of AO Johan Momberg (sektorbeampte) by tel. 082 729 0259.

Vir die RSRT-buurtwag bel vir Gerhard Olivier by tel. 079 527 9988 of bel vir Chris Esterhuizen (GPF-voorsitter) by tel. 082 807 7933.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button