Crime

Hofsaak van bekende Roedtan-boer se vermeende moordenaars uitgestel

Die vermeende moordenaars van ’n jong boer van Roedtan, Nicky Janse van Rensburg (35), se saak is uitgestel na 27 Januarie 2023 vir verdere ondersoek.

Die verdagtes het op Donderdag 24 November vir die tweede keer in die hof in Mookgophong verskyn nadat hulle vroeg in Oktober in hegtenis geneem is.

Die landdros het nie toegegee aan Thabo Matlala, regsverteenwoordiger van beskuldigde een (Malesela Mangena), se versoek dat die saak vroeër moet voorkom nie.

Beskuldigde nommer vier, Morwantsiri Justice Mashiane(32), het gevra om nie saam met die ander verdagtes in ’n sel aangehou te word nie omdat hy na bewering voor die hofverskyning deur hulle geïntimideer is.

Lesiba Solly Segwale, Velly Segwale en Malesela Mangena bly in aanhouding en verskyn saam met die ander beskuldigdes in die hof op 27 Januarie 2023.

Die voorval het omstreeks 17:00 op Vrydagmiddag 7 Oktober op die plaas Derdekraal in die Roedtan-omgewing plaasgevind. ’n Tienerseun wat by Janse van Rensburg en sy vriendin, Veroni-
ca Grobler, op die plaas gewoon het, is vroeër die middag in die plaashuis aangehou en hulle is ingewag toe hulle van die dorp af gekom het. Janse van Rensburg en die aanvallers was glo in ’n struweling nadat hulle die kluis se sleutel geëis het. Nadat hy in sy huis geskiet is, het die aanvallers in ’n wit Toyota Corolla gevlug met vuurwapens en selfone wat hulle in die huis gebuit het.

Die staat voer aan Albert Mangena (33) is op Saterdag 8 Oktober in Seshego in hegtenis geneem met die voertuig, twee handwapens en verskeie rondtes ammunisie in sy besit. Hy het glo kort voor die moord melk op die plaas gekoop en is later saam met die ander terug om Janse van Rensburg in te wag. Die ander is kort daarna aangekeer.

Nog ’n verdagte is steeds op vrye voet.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button