Crime

Boere op breekpunt oor plaasaanvalle

Ná nog ’n brutale plaasaanval waarin ’n jong boer, Nicky Janse van Rensburg (35) dood is, het die Potgietersrus Distrik Landbou Unie (DLU) se lede byeengekom om die voorval te bespreek en hul misnoë uit te spreek oor die onvermoë van die regering om die doelbewuste geweld teen boere te stop.

Volgens Hendrik Botha, ondervoorsitter van die DLU en ook voorsitter van die Roedtan-boerevereniging, is die boere verby die punt om die regering te smeek om hulp.

“Ons werk saam met die polisie, maar dit is ’n tydbom as die regering nie nou ’n plan van aksie begin om kosprodusente te beskerm nie,” het hy aan Die Pos gesê.

Janse van Rensburg is die kleinseun van die bekende boer, wyle Koos Steenkamp, wat die gemengde boerdery in 2020 ná sy oupa se dood oorgeneem het. Volgens Botha was hy die enigste kleinseun en is daar niemand anders wat kan aangaan met die boerdery nie.

“Dit is nou ’n sterk familieboerdery wat tot ’n einde gekom het en dit maak ons hartseer en kwaad,” het hy gesê.

Die voorval het omstreeks 17:00 op Vrydagmiddag 7 Oktober op die plaas Derdekraal in die Roedtan-omgewing plaasgevind. ’n Tienerseun wat by Janse van Rensburg en sy vriendin, Veronica Grobler, op die plaas woon, is vroeër in die plaashuis aangehou en hulle is ingewag toe hulle van die dorp af gekom het. Janse van Rensburg en die aanvallers was glo in ’n struweling nadat hulle die kluis se sleutel geëis het. Nadat hy in sy huis geskiet is, het die aanvallers in ’n wit Toyota Corolla gevlug met vuurwapens en selfone wat hulle in die huis gekry het.

Volgens die polisie is ’n verdagte, Albert Mangena (33), is op Saterdag 8 Oktober in Seshego in hegtenis geneem met die voertuig, twee handwapens en verskeie rondtes ammunisie.

Mangena het op Dinsdag 11 Oktober vlugtig in die hof in Mookgophong verskyn op aanklagte van huisroof en moord. Die saak is uitgestel tot Maandag 24 Oktober wanneer hy om borgtog aansoek kan doen. Mangena is van Seshego afkomstig en is ’n Suid-Afrikaanse burger. Die polisie in Roedtan het bevestig die ondersoek duur voor.

  • Die DA het die hofsaak bygewoon en veroordeel die moord ten sterkste. Die DA doen ’n beroep op die provinsiale polisiekommissaris, Lt.gen. Thembi Hadebe, om die misdaadgolf in afgeleë gebiede tot ’n einde te bring deur om addisionele veiligstruksture te stig. So ook word geëis dat meer polisielede en hulpbronne in risiko-gebiede ontplooi word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button