Crime

Plaaswerker gevonnis vir boer se moord

’n Plaaswerker wat ’n boer van Droogekloof verede jaar buite Bela-Bela verlede jaar beroof en vermoor het, is effektief 20 jaar tronkstraf opgelê.

Sello Bethuel Baloyi (27) is op Woensdag 14 September in die Hooggeregshof in Polokwane gevonnis vir die roof en moord op Piet Smith (83).

Volgens ’n polisieverklaring is Smith tussen 24 en 25 Februarie 2021 vermoor. ’n Plaaswerker het op sy liggaam in die woonhuis afgekom. Sy selfoon was vermis.

’n Nadoodse ondersoek is begin en dit het later aan die lig gekom dat Smith vermoor is. Volgens forensiese toetse is Smith geskiet. Baloyi was ’n plaaswerker op Smith se plaas.

Baloyi het blykbaar die polisie en ander probeer oortuig dat Smith aan natuurlike oorsake gesterf het. Baloyi is egter met die misdaad verbind en skuldig bevind op aanklagte van roof met verswarende omstandighede, asook moord.

Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Thembi Hadebe, het groot lof uitgespreek teenoor kapt. Dana Smith, ondersoekbeampte van die Bela-Bela-polisie, vir sy knap speurwerk.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button