Crime

Verdagtes loop hul rieme styf oor gesteelde voertuig

Drie verdagtes wat verbind word met die diefstal van ’n voertuig in Bramley, Johannesburg, is op Maandag 15 Augustus by die Shell-vulstasie in Bela-Bela in hegtenis geneem.

Volgens lt.kol. Annemarie Smith, Bela-Bela-speurtakhoof, is ’n Suzuki Swift op Vrydag 12 Augustus as gesteel aangemeld.

Die polisie het ’n wenk ontvang dat die betrokke voertuig in die Bela-Bela-omgewing opgemerk is en het die voertuig en verdagtes by die vulstasie aangekeer.
’n Vuurwapen (rewolwer) wat vroeër as gesteel in die Mankweng-gebied aangemeld is, is in die voertuig gevind.

Een van die verdagtes was reeds in verband met die steel van die vuurwapen aangekla en sou op Dinsdag 16 Augustus in die hof in Mankweng verskyn het, het Smith gesê.

Twee van die verdagtes woon in die Alexandra-township.

Die derde verdagte, ’n man van Bela-Bela, het na bewering aan die polisie gesê dat hy slegs ’n saamrygeleentheid saam met die mans geneem het toe hulle aangekeer is. Dié bewering word nog ondersoek.

Die sake van diefstal van die voertuig en die vuurwapen sal na verwagting na die onderskeie landroshowe in die distrikte waar die misdrywe plaasgevind het, oorgeplaas word.
Lede van die polisie en gemeenskappolisiëringsforum het gesamentlik bygedra tot die suksesvolle inhegtenisname van die verdagtes.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button