Crime

Vier vas oor beweerde onwettige mynbedrywighede

Vier verdagtes is op Woensdag 3 Augustus by ’n myn in Schilpadnest buite Northam in hegtenis geneem in verband met beweerde onwettige mynbedrywighede.

Luidens ’n provinsiale polisieverklaring het verskeie taakspanne, asook lede van die departement van minerale hulpbronne, verlede week ’n baie geslaagde gesamentlike operasie uitgevoer.

Die vier verdagtes, wat tussen 20 en 40 jaar oud is, is aangekla van die onwettige besit van gemynde grondstowwe.

Daar is beslag gelê op ’n trok en sleepwa waarop die minerale glo klaar gelaai was.

Die taakspanne het die gebied gefynkam en op ’n stortingstrok, graafmasjien en grootmaat chroom beslag gelê.

Die totale waarde van die toerusting en die minerale word op ongeveer R2,1 miljoen geraam.

Altesame 52 mense is die afgelope tyd in Sekhukhune, in die die Apel- en Mecklenburg-polisiëringsgebied en ook in Northam aangekeer.

Lt. genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het intussen gesê die operasies word uitgevoer nadat daar ’n skielike toename in onwettige mynaktiwiteite in die provinsie aangemeld is.

Hadebe het gesê hy hoop dat die jongste inhegtenisnames as waarskuwing sal dien vir mense wat hulle skuldig maak aan onwettige mynbedrywighede.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button