CrimeNews

Voortvlugtige wéér aangekeer

William Chisale (31) wat op 18 November 2021 by die Modimolle-streekshof ontsnap het, is weer op Vrydag 22 Julie aangekeer.

AO James Findlay, polisiewoordvoerder, het aan Die Pos gesê die ondersoekspan het kort-kort by Chisale se familie in Modimolle aangeklop om seker te maak hy skuil nie daar nie. Dit het vrugte afgewerp, want ’n nabye familielid het hom vroegoggend op Vrydag 22 Julie na die Modimolle-polisiestasie gebring waar hy homself oorgegee het.

Chisale was die afgelope agt maande voortvlugtend nadat hy destyds by die streekhof ontsnap het voordat hy op ’n aanklag van koperkabeldiefstal in die hof sou verskyn.

Hy het op Maandag 25 Julie weer in die Modimolle-streekhof verskyn. Borgtog is nie toegestaan nie en hy sal eersdaags na die Kgosi Mampuru-korrektiewesentrum in Pretoria oorgeplaas word tot die saak voorkom.

Indien iemand oor nuttige inligting beskik kan hulle die ondersoekbeampte, sers. Amanda Rossouw, bel by tel. 071 133 8524 of skakel die Modimolle polisiestasie by tel. (014) 718 1189/ 1011 of die misdaadnommer tel. 0860 010 111.

  • Aansoek om borg is uitgestel tot Donderdag 4 Augustus. Hy bly intussen in aanhouding in Pretoria.

Related Articles

Back to top button