CrimeNews

Aanklag teen buitelander laat vaar

Die buitelander wat verlede jaar daarvan beskuldig is dat hy ’n jong meisie van Thabazimbi verkrag het, is van alle blaam onthef.

Inwoners was in November 2020 baie ontsteld nadat bewerings gemaak is dat ’n 16-jarige meisie van Thabazimbi verkrag is.

Die Pos het berig dat ’n 30-jarige buitelander in hegtenis geneem is in verband met die aanklag en dat die polisie die saak ondersoek.

Konst. Titus Khumalo, polisiewoordvoerder in die dorp, het die afgelope week bevestig dat die saak teen die man teruggetrek is. Hy kon geen verdere detail aan die media bekend maak nie.

Khumalo het gesê hy wil inwoners steeds aanmoedig om gereeld in kontak te bly met die polisie, plaaswagte, buurtwagte en veiligheidsmaatskappye en om voorvalle van misdaad en geweld onverwyld aan te meld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button