CrimeNews

Man dood, boerbokke in kattebak ongedeerd ná ongeluk

Lede van Bela-Bela se gemeenskappolisiëringsforum (GPF) en die polisie kon hul oë nie glo toe hulle die afgelope naweek twee boerbokke in die kattebak van ’n voertuig wat in ’n ernstige ongeluk betrokke was, ontdek nie.

Die voertuig het op Saterdag 22 Januarie op die grondpad in die Noodhulp-omgewing van die pad geloop en omgeslaan.

Aaron Mabuela, ’n inwoner van die Bela-Bela-township, is op die toneel oorlede. Life24- ambulansdienste was op die toneel en het nog beseerdes na die plaaslike staatshospitaal vervoer.

Die boerbokke het die ongeluk wonderbaarlik oorleef.

Die bestuurder van die rooi Volkswagen Polo met Gauteng-nommerplate, het volgens sers. Frans Maponya, polisiewoordvoerder, beheer oor die voertuig verloor op die Noodhulp B-pad en dit gerol. Geen ander voertuig was betrokke nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag, het Maponya gesê.

Related Articles

Back to top button