CrimeNews

Jong man met gaspistool beroof

Die Bela-Bela-polisie is bekommerd oor ’n tendens waar gaspistole gebruik word om misdaad te pleeg.

Die jongste voorval het volgens die polisie op Saterdag 8 Januarie op die kruising van die Bela-Bela-township en die R101-pad na Modimolle plaasgevind.

Die slagoffer (17) is om 23:00 die aand deur twee mans genader.

Die twee verdagtes het hom glo op die grond gegooi waarna een die pistool uitgepluk en die sneller getrek het. Daar was ’n plofgeluid, maar geen gas is vrygelaat nie.

Die slagoffer is van sy klere en selfone beroof voordat die mans op die vlug geslaan het. Die polisie het intussen twee verdagtes aangekeer en aangekla van roof.

Die slagoffer se besittings is teruggevind, asook die gaspistool wat in die voorval gebruik is. Die twee se name is nog nie bekend gemaak nie.

Gaspistole is vrylik beskikbaar in verskeie winkels in die dorp en kan sonder ’n wapenlisensie gekoop word.

Volgens wetgewing kan mense wat gaspistole in die openbaar afvuur, op ’n persoon rig of in ’n misdaad gebruik, vervolg word.

Related Articles

Back to top button