CrimeNews

Buitelander kry borgtog ná beweerde verkragting

Die 30-jarige buitelander wat daarvan aangekla is dat hy ’n 16-jarige meisie van Thabazimbi op Woensdag 3 November verkrag het, is borgtog van R2 500 toegestaan.

Daar is tydens die verhoor vasgestel dat die beskuldigde onwettig in die land is, maar sy regspan het gesê hy is tans ’n asielsoeker.

Sy aansoek om asiel is na bewering weens Covid-19-maatreëls nog nie verwerk nie.

Die beskuldigde het tydens sy borgaansoek skuld ontken op aanklag van verkragting en die aanklag is intussen verander na een van poging tot verkragting.

Polisiewoordvoerder konst. Titus Khumalo het aan Die Pos verduidelik dat die aanklag verander is nadat ’n doktersverslag ingedien is.

Die beskuldigde hou egter vol hy is onskuldig.

Hy moet as deel van sy borgvoorwaardes twee keer per week by die Thabazimbi-polisiestasie aanmeld.

Related Articles

Back to top button