CrimeNews

Man ontsnap by Modi-landdroshof

Lede van die publiek word gemaan om op die uitkyk te wees vir William Chisale (31) wat op Donderdag 18 November omstreeks 11:00 uit die Modimolle-landdroshof ontsnap het.

Hy moes in die hof verskyn op aanklag van diefstal. Chisale is die week tevore in Modimolle in hegtenis geneem.

Kort ná sy ontsnapping is boodskappe op verskeie veiligheidsgroepe geplaas, maar hy was teen druktyd vandeesweek steeds op vrye voet.

Chisale het ten tye van die ontsnapping ’n rooi hemp en swart langbroek aangehad. Hy het ’n litteken op sy linkerarm.

Die polisie kon geen verduideliking gee van hoe dit gebeur het dat hy ontsnap het nie.

Indien iemand hom gewaar of oor inligting beskik wat tot sy inhegtenisname kan lei, moet hulle die Modimolle-polisiestasie bel by tel (014) 718 1189 of tel. (014)718 1011.

Related Articles

Back to top button