CrimeNews

Hoofseun se bromponie tydens eksamen gesteel

Hino van Graan, Hoërskool Warmbad se hoofseun, se bromponie is op Woensdag 27 Oktober gesteel kort nadat hy by die skool aangemeld het om sy eerste vraestel vir die nasionale eindeksamen te skryf.

“Ek so net ná 07:00 by die skool opgedaag en die bromponie in die parkeerarea buite die hek gelaat. Ons het Engels Eerste Addisionele Taal geskryf en die vraestel was geskeduleer vir 09:00 tot 11:00. Ek kon nie my oë glo toe ek ná die vraestel in die parkeerterrein gekom en gesien het dat my bromponie skoonveld is nie.”

Hino besit dié grys skoeter sedert September 2020. Die registrasienommer is BYT 378 L.

“Ons was dieselfde dag polisiestasie toe en ’n ondersoekbeampte is reeds aangestel om die diefstal te ondersoek,” het hy gesê.

“Die skool se veiligheidskamera-opnames het getoon waar die vermeende diewe met die bromponie op die Thabazimbi-pad ry.”

Die saak word ondersoek.

Paul Liddle, skoolhoof, het gesê die voorval is ’n veiligheidsaak wat dringende aandag sal geniet.

“Vergaderings met die skool se beheerliggaam is reeds beplan. Een van die sake op die agenda sal wees dat leerders met geldige rybewyse toegelaat word om binne die veiligheidsheining van die skool te parkeer,” het hy gesê.

Related Articles

Back to top button