CrimeNews

Jong Bela-Bela-meisie glo helderoordag in dorp aangerand

Die Bela-Bela-polisie is op soek na ’n verdagte wat glo ’n 16-jarige meisie helderoordag in die Bela-Bela-woongebied seksueel aangerand het.

Die naam van die meisie kan ingevolge wetgewing nie bekendgemaak word nie.

Volgens sers. Frans Maponya, polisiewoordvoerder, het die voorval op Dinsdag 7 September ongeveer 14:45 in ’n oop veld naby die Eskom-kliëntedienssentrum in Moffatstraat plaasgevind.

Die eiendom is reg oorkant die Bela-Bela-landdroshof. Die verdagte het die meisie na bewering in ’n hoek vasgekeer en haar met ’n voorwerp seksueel aangerand terwyl hy haar met ’n mes gedreig het, het Maponya gesê.

Die meisie het beserings aan haar nek, hande en onderlyf opgedoen en haar klere is ook tydens die voorval geskeur.

Die verdagte is steeds op vrye voet en min inligting oor sy beskrywing is beskikbaar, het Maponya gesê.

Mense wat inligting oor die voorval het, word gevra om die Bela-Bela-polisiestasie te kontak by tel. (014) 736 9760 of die ondersoekbeampte by tel. 071 954 4635.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button