CrimeNews

Nóg ’n winkel beroof in Bela-Bela-hoofstraat

Nog ’n rooftog het op Dinsdagoggend 31 Augustus in Bela-Bela se hoofstraat, Chris Hani-weg plaasgevind.

Volgens sers. Frans Maponya, polisiewoordvoerder, het ’n groep gewapende verdagtes die Pep Home-winkel teen ongeveer 09:00 binnegestap en die personeellede aangehou.

Die verdagtes was besig om selfone in hul sakke te pak toe hulle benoud geraak en gevlug het. Die sak selfone is agtergelaat, maar die rowers het steeds ’n bedrag kontant en ’n selfoon gebuit.

Die rowers het in twee voertuie gevlug. Die polisie kon daarin slaag om een van die voertuie naby Pienaarsrivier voor te keer en twee verdagtes, onderskeidelik 34 en 37, in hegtenis te neem.

Hulle is sover vasgestel kan word van Johannesburg, het Maponya gesê. ’n Vuurwapen is in hul besit gevind. Die soektog na die ander voertuig en rowers duur voort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button