CrimeNews

Bejaarde Bela-Bela-boer aangerand

Die Bela-Bela-polisie ondersoek die voorval waarin Marius Grobler (67), bekende boer van die omgewing, buite die dorp aangerand is.

Sy aanvallers ht volgens die polisie van die toneel weggejaag.

Volgens inligting van Grobler se familie was hy op pad huis toe op die Thaba Monate-wildreservaat toe hy in ’n ligte botsing met ’n ander voertuig, ’n wit Ford Ranger, was.

Hoewel die presiese detail oor wat daarna gebeur het, steeds onduidelik is, toon voorlopige ondersoeke dat Grobler daarna ernstig aangerand is deur die insittendes van die ander voertuig.

’n Verbyganger het by die toneel stilgehou waarna die twee verdagtes in hul Ford van die toneel weggejaag het, het ’n polisiewoordvoerder aan Die Pos gesê.

Grobler het erge beserings aan sy lyf opgedoen en is in die Podi Clinic in die dorp opgeneem.

Sy heup is na verneem word tydens die aanranding gebreek en hy wag nou om geopereer te word, het ’n familielid gesê.

Sy familie het die aanranding as wreed en onmenslik bestempel, veral omdat Grobler bejaard is.

Die familie bedank intussen die polisie en veiligheidsinstansies wat die familie na afloop van die voorval te hulp gesnel het.

Hulle het ook die hoop uitgespreek dat geregtigheid sal seëvier en die skuldiges aangekeer sal word.

Related Articles

Back to top button