CrimeNews

Drie verdagtes vas oor ‘gesteelde’ voertuig

Deeglike opvolgwerk van die polisie se provinsiale hoofwegpatrollie-eenheid het op Maandag 28 Junie vrugte afgewerp toe drie verdagtes met ’n vermoedelik gesteelde voertuig in Bela-Bela aangekeer is.

Volgens sers. Frans Maponya, polisiewoordvoerder, is die beamptes ingelig oor die voertuig wat op die R33-pad na Modimolle opgemerk is. Die voertuig is glo in Yeoville, Johannesburg, gesteel.

Die beamptes het omstreeks 01:35 inligting opgevolg dat die voertuig, ’n Hyundai i10, op die Eersbewoon-pad is. Die beamptes kon daarin slaag om die bestuurder voor te keer.

Drie verdagtes, Dumisani Khanye (42), Valentine Masuku (29) en Bruce Phiri (33), is in hegtenis geneem en aangekla van die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig, dat hulle onwettig in die land is en dat hulle die nasionale inperkingsregulasies oortree het.

Pres. Cyril Ramaphosa het die dag voor hul inhegtenisname die aandklokreël (gewysigde Vlak 4-inperking) van 21:00 tot 04:00 aangepas.

Die verdagtes het reeds op die aanklagte in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.

Hul saak sal na verwagting weer op Woensdag 14 Julle voorkom. Hulle is steeds in aanhouding.

Related Articles

Back to top button