CrimeNews

Van huisbraak tot gru-ontdekking

Twee vermeende booswigte het vroegoggend op Woensdag 5 Mei by ’n meenthuis in die Cari Vari-kompleks in Modimolle ingebreek.

Volgens AO James Findlay, polisiewoordvoerder, het die kompleks se tuinier op die inbrekers afgekom waarna hulle hom vasgebind en van sy selfoon beroof het.

Ander waardevolle items is na verneem word ook gesteel. Die bejaarde was gelukkig nie tuis toe die voorval plaasgevind het nie.

Die diewe het in ’n silwerkleurige Nissan Tiida gevlug.

Die saak word ondersoek en die polisie maan inwoners om op die uitkyk te wees vir hierdie motor. Indien iemand enige inligting het, kan hulle die Modimolle-polisiestasie skakel by tel. (014) 718 1189.

  • In ’n ander voorval is daar op ’n fetus afgekom in die openbare parkie op die hoek van Maroela- en Boshoffstraat in Modimolle.

Lede van die publiek het laatmiddag op Saterdag 8 Mei piekniek in die parkie gehou waarna hulle die wegneemetes se verpakking in die asblik gaan gooi het.

Volgens Findlay het die inwoners toe op die fetus afgekom. Die plaaslike polisie is dadelik ontbied waarna die forensiese afdeling se hulp ook ingeroep is.

Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button