CrimeNews

Vaalwater: Fotobeeld van anargie

Vaalwater, ’n geskiedkundige klein dorpie in die Waterberg, is vandeesweek op sy knieë gedwing nadat ontevrede inwoners die strate ingevaar en gewelddadig betoog het. Die Pos se Herman Steyn het die foto’s geneem.

’n Polisieman koes vir ’n bierbottel wat deur ’n betoger na hom geslinger word. Die polisie, asook lede van plaaslike veiligheidsgroepe wat gehelp het om die situasie in Vaalwater te ontlont, is kort-kort onder die klippe gesteek. Talle inwoners van die omgewing het paniekerig geraak toe hulle besef dat betogers selfs deur hul erwe hardloop en dat die dorp afgesny is van die buitewêreld.
Van die uiters arrogante betogers was blote kinders.
Polisie- en veiligheidslede koes vir die klippe.
Betogers het aanhoudend versperrings in die paaie gepak.

Related Articles

Back to top button