CrimeNews

Beheerkamer hanteer meer as 960 gevalle in April

AfriForum se beheerkamer vir Gauteng, Limpopo en Mpumalanga het in April meer as 960 gevalle gehanteer en die organisasie se buurtwagte in dié provinsies ondersteun.

Luidens ’n verklaring van AfriForum is die doel van die beheerkamer om AfriForum-buurtwagte te ondersteun deur te verseker dat hulp en die nodige hulpbronne vinniger ontbied kan word tydens noodgevalle.

AfriForum-buurtwagte in dié drie provinsies het in April altesame 760 patrollies onderneem (194 in Gauteng, 120 in Mpumalanga en 446 in Limpopo) waaraan 775 mense deelgeneem het.

“Die aantal gevalle van onluste in die drie provinsies is hoër as gewoonlik. Daar was in Januarie nege gevalle van onluste, in Februarie 30, in Maart 104 en in April 83,” het Llewellyn Hemmens, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Gauteng, Limpopo en Mpumalanga, gesê.

AfriForum doen ’n beroep op lede van die publiek om waardevolle items uit hul voertuie te verwyder en te verseker dat voertuie op ’n veilige plek geparkeer word.

Voertuigdiefstal het in Maart en April in dié provinsies toegeneem.

  • Raak by jou naaste AfriForum-buurtwag betrokke en maak ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap: SMS jou dorp se naam na tel. 45353 (SMS’e kos R1).

Related Articles

Back to top button