CrimeNews

Polisie op soek na gewapende rowers

Die Modimolle-polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof ná ’n voorval in die vroeë oggendure van Sondag 11 April by die Kranskop Engen 1 Stop-vulstasie op die N1-snelweg (rigting Polokwane).

Volgens AO James Findlay, polisiewoordvoerder, het drie gewapende mans omstreeks 01:00 die oggend by die winkel ingebars en kliënte en personeel beveel om op die vloer te lê.

Een werker is na ’n kantoor geneem en gedwing om die kluis oop te sluit. Dit was egter sonder sukses, want die kluissleutel word nie op die perseel gehou nie.

Die rowers het daarna al die kontant in die kantoor en kasregisters geneem, asook kliënte en werkers se selfone.

Op pad uit het hulle lekkergoed en sigarette van die rakke gegryp en daarna in ’n onbekende voertuig weggejaag.

Niemand is in die voorval beseer nie. Indien enigiemand inligting kan verskaf in verband met die voorval, kan hulle die Modimolle-polisiestasie kontak by tel. (014) 718 1189.

Related Articles

Back to top button