CrimeNews

Verdagte vasgekeer ná moord op plaaswerker van Modimolle

Die Modimolle-speurtak het op Donderdag 25 Maart ’n verdagte in die Laaste Hoop-omgewing tussen Tzaneen en Polokwane in hegtenis geneem in verband met die moord op ’n plaaswerker van Modimolle.

Die Pos het in Januarie vanjaar berig oor die lyk van ’n onbekende man wat in die veld buite Modimolle gevind is.

Die oorledene is intussen geïdentifiseer as, Jotham Chapos (38), oorspronklik van Zimbabwe. Hy het as plaaswerker in die omgewing gewerk.

Volgens die polisie is Johannes Mohlako (40) by sy woning in hegtenis geneem nadat die polisie op ’n wenk van ’n lid van die publiek gereageer het.

Mohlako het op Vrydag 26 Maart in die Modimolle-landdroshof verskyn op ’n aanklag van moord.

AO James Findlay, polisieverteenwoordiger in Modimolle, het aan Die Pos gesê die verdagte sal in aanhouding bly tot Dinsdag 6 April wanneer sy borgtogaansoek aangehoor sal word.

Volgens Findlay sal die staat die borgtogaansoek teenstaan omdat die vermoede bestaan dat die verdagte sal vlug.

Related Articles

Back to top button