CrimeNews

Twintig leerders glo in voertuig vir slegs nege

’n Minibusbestuurder is op Donderdag 11 Maart in Pienaarsrivier deur verkeersbeamptes voorgekeer nadat hy hulle glo herhaaldelik probeer ontwyk het, het Matomi Moremi Taueatsoala, provinsiale verkeerwoordvoerder, gesê.

Volgens Taueatsoala was daar meer as dubbel die aantal toelaatbare passasiers in die voertuig. Die insittendes was almal leerders op pad skool toe.

Ingevolge die betrokke wetgewing mag dié voertuig nege passasiers vervoer.

Daar is volgens Taueatsoala egter 20 leerders in die voertuig geprop. Oorlading is een van die grootste oorsake van padongelukke.

“Oorlading kom al hoe meer voor. Die polisie is bewus van minstens vier ander voertuigbestuurders wat hulle ook aan hierdie ootreding skuldig maak. Hulle het ons tot dusver ontduik, maar ons is warm op hul spoor.”

Boetes vir oorladiging beloop tussen R250 en R1 500. Taueatsoala het gesê die voertuig is geskut en die leerders is met ander vervoer na hul bestemmings geneem.

Die bestuurder kon sy voertuig eers terugkry nadat hy die skutfooi betaal het, het Taueatsoala gesê.

Die bestuurder is sover vasgestel kon word vir geen ander oortreding aangekla nie.

Related Articles

Back to top button