CrimeNews

Vernuftige speurwerk lei to suksesse

Twee mans is op Woensdag 3 Februarie by André Kock en Seun-veilingkrale buite die dorp aangekeer toe hulle na bewering gesteelde vee probeer verkoop het.

Volgens kol. Abel Phetla, stasiebevelvoerder van die Bela-Bela-polisie, het Piet Nnone (32) en Lucas Masemola (32) ses skape te koop aangebied.

Phetla het gesê die vee is geskut en die oorspronklike eienaar het die skape reeds uitgeken. Nnone en Masemola het op Vrydag 5 Februarie in die Bela-Bela-hof op klagtes van veediefstal verskyn.

Die saak is uitgestel na Maandag 15 Februarie.

  • Die polisie ondersoek ’n saak van huisbraak nadat diewe op Saterdag 30 Januarie wederregtelik toegang deur die dak van die Foschini-klerewinkel in die Bela Mall-sentrum verkry het.

    Volgens Phetla is selfone en klere gebuit. Die waarde van die gesteelde items word op R33 000 geraam.

    Phetla het gesê dit is vreemd dat die alarmstelsel op daardie stadium nie geaktiveer was nie. Nog niemand is in verband met die inbraak aangekeer nie.

Related Articles

Back to top button