CrimeNews

Polisiestasie gesluit nadat vrou glo van aanrander vlug

Die Modimolle-polisiestasie se kliëntedienssentrum is op Woensdagmiddag 20 Januarie tydelik gesluit nadat ’n inwoner, wat glo Covid-19 onder lede het, by die stasie was om ’n dringende klag van gesinsgeweld te lê.

Volgens AO James Findlay, polisiewoordvoerder, het die beamptes blitsvinnig opgetree om die kantoor te ontruim en enige verdere verspreiding is beperk.

Alle dienste aan die publiek is voortgesit vanuit die lapa reg langs die stasie. Die kliëntedienssentrum is weer op Donderdag 21 Januarie heropen.

“Die vrou was desperaat om te ontsnap van moontlike aanranding en het haar daarom tot die polisie gewend vir hulp,” het Findlay aan Die Pos gesê.

“’n Beampte het die vrou bygestaan om ’n saak van gesinsgeweld te open waarna sy die beampte meegedeel het dat sy positief getoets is vir Covid-19. Sy is daarna onmiddellik na ’n plek van isolasie by die stasie geneem.”

Findlay het bevestig dat die betrokke beampte die enigste persoon was wat nabye kontak met die klaer gehad het.

Die beampte sal ’n Covid-19-toets laat doen en in selfisolasie wees terwyl moontlike simptome dopgehou word voordat die beampte kan terugkeer werk toe. Die saak word deur polisiespeurders ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button