CrimeNews

Misdaad gedy oor feestyd

Die poli­sie het hul hande vol gehad nadat pres. Cyril Ramaphosa die land op Maandag 28 Desember teruggeskuif het na vlak 3-inperking.

Ingevolge dié inperking is alle strande, openbare samekomste en drankverkope opgeskort.

’n Nuwe aandklokreël is ook ingestel. Die Water­berg­ is as hoërisi­ko­ge­bied ver­klaar en le­de van die Suid-Afri­kaan­se weer­mag is in Bela-Bela ont­plooi om die po­lisie by te staan.

Sers. Frans Mapon­ya, po­lisie­woord­voer­der, het aan Die Pos ge­sê daar is op Sa­ter­dag 9 Jan­ua­rie altesame 36 mense in die omgewing in hegtenis geneem ty­dens ’n ge­sament­li­ke o­pe­ra­sie tussen die polisie en weer­mag.

Vol­gens provin­sia­le polisie­sy­fers is daar se­dert Son­dag 3 Jan­ua­rie altesame 1 163 men­se in Limpopo in heg­te­nis ge­neem.

In Bela-Bela is mense aange­kla van onder meer dronk­be­stuur, drink in die openbaar en die verontagsaming van die aand­klokreël, het Mapon­ya ge­sê.

Van dié be­skuldig­des is boe­tes op­ge­lê en ander moet eersdaags in die hof verskyn. * ’n Roof­tog het op Vry­dag 25 De­sem­ber by Liquor City in Pot­gieter­straat in die dorp plaas­ge­vind waar­ty­dens ’n man ge­skiet is, het Mapon­ya ge­sê.

Die Liquor City-perso­neel was op dié dag be­sig om aan die agter­kant van die per­seel drank in groot­maat te ver­koop. Volgens ’n ingeligte bron in die polisie het die onderneming oor die nodige magtiging beskik om die drank aan diensverskaffers te verkoop, maar nie aan individue nie.

Vol­gens Mapon­ya het vier ge­wapen­de ro­wers die per­seel be­tree, die perso­neel aan­ge­hou en op kon­tant aange­dring. ’n Sake­man van Modimol­le, Fie­limon Ntsen­dwa­na (49), is tydens die roof­tog raakge­skiet toe hy op pad was na sy voer­tuig, het Mapon­ya ge­sê.

Die vier ro­wers het R30 000 kon­tant ge­buit en op die vlug geslaan. Dit is nog on­dui­de­lik of hul­le te voet of in ’n voer­tuig ge­vlug het, het Mapon­ya ge­sê.

Ntsen­dwan­a is deur om­stan­ders na die Warm­bad-hos­pi­taal ge­haas. ’n Am­bu­lans het hom in Chris Ha­nistraat inge­wag, maar hy is met sy aankoms dood verklaar. Die po­lisie on­der­soek reeds ’n saak van moord en roof. Die ver­dag­tes is nog op vry­e voet.

  • Die Pie­naars­ri­vier-po­lisie het op Son­dag 10 Jan­uar­ie na­by die Mau­ba­ne-af­rit in die Pie­naars­ri­vier-omge­wing op die uitge­bran­de lyk van ’n man af­ge­kom.

    Vol­gens lt. kol. Mamphaswa Seabi, polisie­woord­voer­der, is die oor­lede­ne vermoedelik ver­moor en sy liggaam in ’n sloot langs die R101-pad ge­gooi.

    Die lyk is die Sondagmiddag deur ’n vee­wag­ter ont­dek. Vol­gens Mapon­ya is daar te­kens dat die lyk langs die pad aan die brand ge­steek is, maar dit is onbe­ves­tig.

    Die moont­lik­heid dat die slag­of­fer dalk el­ders ver­moor is, word ook onder­soek.

    Die slag­of­fer kon teen druk­tyd nie geï­den­ti­fi­seer word nie. Die po­li­sie vra die pu­bliek se hulp om met inlig­ting na vore te kom ra­ken­de die voor­val.

    Men­se kan die onder­soek­beamp­te bel by tel. 082 403 4035 of hul naas­te po­lisie­sta­sie ska­kel.

Related Articles

Back to top button