CrimeNews

Taxi-be­stuur­der naby Kranskop ver­moor

Die poli­sie het ’n reu­sesoek­tog na die moor­de­naars van ’n taxibe­stuur­der ge­loods na­dat hy op Woens­dag 2 Desem­ber by die Engen 1 Stop-vul­sta­sie na­by die Krans­kop-tol­hek bui­te Modimol­le doodge­skiet is.

Vol­gens kol. Moatshe Ngoepe, provin­sia­le po­lisie­woord­voerder, het die voor­val om onge­veer 10:30 die og­gend plaas­gevind.

Die taxi was onder­weg van Polok­wa­ne na Preto­ria en het by die vul­sta­sie stil­ge­hou.

“Die pas­sa­siers en be­stuur­der het na die vul­sta­sie se win­kel ge­gaan en met hul terug­keer het twee verdag­tes te voor­skyn ge­kom en met hand­wa­pens op die bestuurder los­ge­brand.”

Die moor­de­naars het daarna op die vlug ge­slaan in ’n rooi Volks­wa­gen Polo-voer­tuig. Die nommer­plaat is nog nie be­kend nie, het Ngoepe gesê.

Die poli­sie en nood­diens­te is ont­bied, maar die be­stuur­der is op die to­neel dood ver­klaar. ’n Vrou­e-pas­sa­sier is ook raak­ge­skiet, maar het die aanval oor­leef.

“Die re­de vir die aan­val is nog ondui­de­lik. Die poli­sie vermoed dat dit verband hou met die ge­skille tussen taxi-eienaars oor die toekenning van bepaalde roetes. Die saak word ondersoek,” het Ngoepe ge­sê.

Die taxi-be­stuur­der is intus­sen ge­ïden­tifi­seer as Abel Shoba (65) van Sek­huk­hu­ne, het sers. Frans Mapon­ya, Be­la-Be­la-po­lisie­woord­voer­der teen druk­tyd be­ves­tig.

Nie­mand is in ver­band met die moord aange­keer nie.

Enig­ie­mand met in­lig­ting kan lt. kol. Richard Bo­sho­ma­ne bel by tel. 079 894 5501.

Related Articles

Back to top button