CrimeNews

Betogers voor hof waar moordverdagte verskyn

Die 27-ja­ri­ge man wat aan­ge­kla word van die wrede moord op Me­lania Ndacha Ru­ben (3) van Vinger­kraal bui­te Bela-Bela het op Woens­dag 25 No­vem­ber in die landdroshof in Bela-Bela verskyn.

Jeffrey Mu­ron­ga (27) word daar­van be­skul­dig dat hy Mela­nia op Dins­dag 17 No­vem­ber ver­moor het en haar lyk in ’n na­bygeleë stroom ­ge­gooi het.

 

Me­lania Nda­cha Ru­ben (3) se lyk is in ’n stroom naby Vingerkraal buite Bela-Bela gevind.

 

Die kind is in die sorg van bu­re ge­laat voordat sy as ver­mis by die po­lisie aan­ge­meld is.

’n Groot­skeepse soek­tog na die ver­dag­te het ge­volg. Muronga is ’n week later op ’n na­bygeleë plaas opge­spoor.

Die Vinger­kraal-ge­meen­skap is deur die plaas­eie­naar inge­lig dat Muronga op die plaas skuil waarna lede van die gemeenskap die plaas gefynkam en die beskuldigde in ’n beboste gedeelte aangetref het.

 

Jeffrey Muronga (27) word verdink van die moord op Mela­nia. Die foto is geneem nadat hy glo deur lede van die Vingerkraalgemeenskap aangerand is.

 

Hy is daarna aangerand, het kol. Moatshe Ngoepe, provin­sia­le po­lisie­woord­voer­der, vroe­ër ge­sê.

Die poli­sie is ontbied en Mu­ronga is in hegtenis geneem. ’n Groot groep mense het tydens sy hofverskyning in die Bela-Bela-landdroshof in wit hem­de voor die hof be­toog.

Beto­gers het ge­ëis dat borgtog nie aan Muron­ga toegestaan word nie.

’n Man wat homself as ene Benjamin aan Die Pos voorgestel het, het by die hof aan Die Pos gesê hy is Melania se biologiese pa en dat hy ontsettend hartseer is oor sy kind se dood.

Hy het gesê Mela­nia se ma, wie se naam nie bekend gemaak is nie, verwerk haar dogter se dood baie moeilik.

Mu­ronga se saak is uit­ge­stel na Maan­dag 7 De­sem­ber vir die bring van ’n aansoek om borgtog. Hy bly intussen in aanhouding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button