CrimeNews

Renosterstropers sal hul rieme styfloop

Die po­li­sie maak jag op re­nos­ter­stro­pers wat nog een van dié be­dreig­de reu­se op Vrydag 13 No­vem­ber af­ge­maai het.

Die dier is op ’n plaas in die Dor­set-om­ge­wing, tus­sen Vaal­wa­ter en Le­pha­la­le, ge­skiet.

’n Plaas­wer­ker wat pa­trol­liewerk ge­doen het, het op die kar­kas af­ge­kom. Die ho­ring was reeds ver­wy­der.

Vol­gens  kol. Moat­she Ngoe­pe, pro­vin­sia­le woord­voer­der van die po­li­sie, is dit nie be­kend wie die ver­dag­tes is nie.

Die po­li­sie vra eni­geen met in­lig­ting wat kan lei tot die inheg­te­nis­neming van die skul­di­ges, om die on­der­soek­beamp­te te ska­kel by tel. 082 414 2337.

Hul­le kan ook hul naas­te po­li­sie­sta­sie na­der. Bar­bara Creecy, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, bos­bou en vis­se­rye, het in Augus­tus ge­sê daar was in die eerste ses maande van die jaar ’n af­na­me in die ge­tal re­nos­ters wat ge­stroop is.

Dit kan deels toe­ge­skryf word aan die Co­vid-19-maat­reëls wat vry­like be­we­ging be­perk en dus ook ver­skaf­fings­netwerke van stro­pers om­ver ge­gooi het.

Par­ke was ook ge­du­ren­de dié tyd vir die publiek gesluit.

Volgens Creecy is daar 166 re­nos­ters in dié tyd ge­stroop, in ver­ge­ly­king met 316 in die­self­de tyd ver­le­de jaar.

Re­nos­ter­stro­pery sal na ver­wag­ting toe­neem na­mate die land se gren­se weer oop is. Daar is in 2019 landwyd altesame 594 re­nos­ters gestroop en in 2018 was die syfer 769, het Creecy gesê.

Die die­re se ho­rings is hoog in aan­vraag in lan­de soos China en Viët­nam waar dit in ­poeiervorm ver­koop word as ’n kuur vir ver­skeie kwa­le, hoe­wel daar volgens kenners geen be­wyse is dat dit medi­si­nale voor­dele inhou nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button