CrimeNews

Man op pad hof toe met dwelms betrap

’n Man van Be­la-Be­la wat onderweg was hof toe waar ’n vriend van hom sou verskyn, het homself niksvermoedend in die lang arm van die gereg vasgeloop.

Die Be­la-Be­la-po­li­sie het op Donder­dag 12 No­vem­ber vir Malala Legodi (54) na­by Super­spar in die dorp aan­ge­keer en hom aan­ge­kla van die be­sit van dwelms.

Die polisie het op ’n wenk van die publiek gereageer en Legodi is met twee sakkies dagga in sy be­sit betrap.

Sers. Frans Mapon­ya, polisie­woord­voer­der, het aan Die Pos gesê Legodi het kos ge­koop en was op pad om ’n vriend by die landdroshof te ontmoet.

Die vriend sou glo in die hof ver­skyn, maar dit is nie duidelik wat die aanklag was nie. Volgens Mapon­ya is Lego­di in heg­tenis ge­neem en aange­kla, maar vry­ge­laat na­dat hy ’n skuld­er­ken­ningsboete van R200 by die polisie­sta­sie be­taal het.

  • Ingevolge die grond­wet, wat in 2018 gewy­sig is, mag mense dag­ga vir eie gebruik verbou en in hul privaat wonings gebruik.

    Daar is egter steeds baie onduidelikheid oor die hoeveelheid dagga wat in privaat besit mag wees.

    Enigeen wat met dag­ga of eni­ge an­der onwet­tige dwelm­mid­del in die openbaar betrap word, staar steeds vervolging in die gesig. Die verspreiding van enige dwelms is ook onwettig.

Related Articles

Back to top button