CrimeNews

Nagmerrie nadat rowers op gholflandgoed toeslaan

“Dit het on­werk­lik — soos in ’n droom — ge­voel toe twee gewa­pen­de ro­wers ons in die mid­del van die nag wak­ker maak. ’n Mens kan nie daar­die ge­voel be­skryf nie.”

Surett Gro­bler en Jo­hann van Baalen is op Don­der­dag­nag 22 Ok­to­ber deur twee ro­wers oor­val ter­wyl hul­le ge­slaap het.

Die paar­tjie woon op die Koro Creek-gholf­land­goed buite Modi­mol­le.

 

ADVERTENSIE/ADVERTISEMENT

 

“Ons het al­tyd vei­lig ge­voel om­dat hier so baie vei­lig­heids­maat­reëls is. Ons sluit ge­woon­lik ons ka­mer­deur, maar die mans was eers onder in die huis en het toe op ons bal­kon ge­klim om in die ka­mer te kom,” het sy ge­sê.

Die voor­val het net ná 02:00 ge­beur.

“Die mans het aan weers­kan­te van die bed ge­staan en Jo­hann het my wak­ker gemaak. Hul­le het flits­lig­te in ons oë ge­skyn so­dat ons hul­le nie kon sien nie. Die ro­wers het on­mid­del­lik vir ons ge­sê ‘sleep! sleep!’ en ons met ’n kom­bers toe­ge­maak. Daardie kom­bers het soos ge­na­de ge­voel wat ons vei­lig hou. Ek het net ge­hoor hoe Jo­hann bid. Daar het so ’n vreem­­de kalm­te oor my ge­sak toe ek besef wat ge­beur.”

Die twee se hande en voete is agter hul rûe met skoen­ve­ters, sel­foon­laai­ers en ’n haar­droër se ka­bel vas­ge­bind. Die ro­wers het Van Baalen met ’n wa­pen ge­slaan.

“Hul­le het die kluis se sleu­tel ge­kry en wa­pens, ju­we­le en kon­tant ge­vat. Hul­le het selfs on­der die kus­sings en ma­tras ge­soek,” het Gro­bler ge­sê.

Hul­le het daar­na die ka­mer­deur ge­sluit en is vort. Die paar­tjie is nie ern­stig be­seer nie. Gro­bler het be­sef dat haar han­de en voe­te met een van Van Baalen se gor­dels aan­me­kaar vasge­bind is. Na­dat sy haar­self en Van Baalen los­ge­wik­kel het, het hul­le na die land­goed se vei­lig­heids­hek ge­ry.

“As ons nie kon loskom nie, sou ons so bly lê het totdat iemand ons kom soek het.”

Die po­li­sie en die land­goed se vei­lig­heids­maat­skap­py was binne enkele minute op die toneel, het sy gesê. AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-po­li­sie, het die voor­val be­ves­tig. ’n Klag van huis­roof word on­der­soek.


Baie dankie aan Bosveld Glas sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

Related Articles

Back to top button