CrimeNews

Klag nadat polisieman glo kind klap

“Ek is nou baie bang vir die polisie. Ek ry nooit weer die­self­de pad terug huis toe nie.”

’n Hoërskoolseun van Modimolle het ’n klag van aan­ran­ding teen ’n po­lisie­man ge­lê na­dat dié hom na be­we­ring só hard teen die kop ge­klap het dat hy dae lank daarna hoof­py­n ge­had het en naar was.

Die 16-jarige seun, wie se iden­ti­teit weer­hou word, was glo op Woens­dag 7 Okto­ber met sy fiets op ­pad te­rug huis toe nadat hy by ’n vriend was.

Hy het aan Die Pos gesê hy het oor die pad na­by die Fokus Deo-ge­meen­te in Modi­mol­le ge­ry waar­na ’n beamp­te in ’n poli­sie­voer­tuig hom van die pad ge­trek het.

“Die man het om sy voer­tuig ge­loop en my aan my hemp ge­gryp en ge­skud. Hy het op my ge­skree en my geklap, maar ek het nie duidelik gehoor wat hy skree nie. Toe hy my weer wou klap, het ek ge­keer en los­ge­ruk. Ek het baie vin­nig huis toe ge­ry en my oupa ver­tel wat ge­beur het,” het die seun ge­sê.

Volgens hom het hy nie voor die voertuig ingery met sy fiets nie. ’n Vrou wat glo ’n ooggetuie van die voorval was, het ag­ter hom aan­ge­ry en ge­vra of al­les reg is.

Die kind sê dat sy oor ure daar­na steeds rooi en opge­swel was en dat hy dae ná die voorval nog hoof­py­n gehad het.

“Ek is nou baie bang vir die polisie. Ek ry nooit weer die­self­de pad terug huis toe nie,” het hy ge­sê.

Hy het ge­sê die beamp­te wat hom ge­help het om die klag te lê, was baie be­hulp­saam.

AO James Find­lay, woord­voer­der van die Modi­mol­le-po­li­sie, het be­ves­tig dat ’n saak ge­open is. Die po­li­sie­beamp­te het glo ’n mas­ker ge­dra en moet eers geïden­ti­fi­seer word.

Die saak word deur die On­af­hank­like Po­li­sie-on­der­soek­di­rek­toraat (Opod) on­der­soek.

Related Articles

Back to top button