CrimeNews

Internetslen­ter laat man groot skrik

’n Inwoner van Bela-Bela het die afgelope week groot geskrik toe ’n “polisieman” hom gebel en gedreig het om hom in heg­tenis te neem.

Die inwoner, wat verkies om anoniem te bly, vermoed sy besonderhede is bekom nadat hy op ’n webtuiste waar mense na lewensmaats soek, ingeteken het.

Hy het in ’n aanlyngesprek met ’n vrou betrokke geraak wat op sy navrae gereageer het. In hul gemaklike geselsies het sy persoonlike inligting van hom bekom.

’n Week la­ter het die sogenaamde polisie­beamp­te hom gebel en die inwo­ner inge­lig dat die vrou met wie hy ge­sels het kamtig ’n saak teen hom geo­pen het.

Volgens die beampte was dit ’n ernstige klag wat verband hou met geweld teen vroue en kinders. Die geskokte inwoner het dadelik ontken dat hy enige kontak, behalwe dié in die kuberruim, met die vrou gehad het.

Die “beampte” het hom daarna aangeraai om liefs ’n “skikkingsooreenkoms” aan te gaan en op dié manier ’n uitgerekte hofsaak te vermy. Dit sou egter duisende rande kos om die “aanklag” te laat “verdwyn”, het hy aangevoer.

Die inwo­ner het sy fami­lie van die situa­sie inge­lig en die po­li­sie se teenkor­rup­sie-een­heid in Polok­wa­ne is om hulp genader. Sover vasgestel kon word, is geen klag teen die inwoner gelê nie en was hy byna die slagoffer van ’n internetswendelaar.

Die inwoner waarsku internetgebruikers om uiters versigtig te wees wanneer hulle die internet gebruik en om eerder riskante webtuistes te vermy. Hy het die vertroue uitgespreek dat die korrupsie-eenheid die swendelaar sal vastrek.

  • Vol­gens in­lig­ting van die Be­la-Be­la-po­li­sie sal geen polisie­beamp­te ’n per­soon kon­tak en op omkoop­geld aan­dring om ’n aanklag­te te laat “ver­dwyn” nie.

    Sulke aanklagte van afpersing en omkopery word in ’n baie ernstige lig beskou en word deur die inspek­to­raat vir prio­riteits­mis­dade (die Val­ke) ondersoek.

    ’n Skulder­ken­ningsboe­te kan wel by ’n polisie­sta­sie be­taal word vir minder ernstige mis­dry­we, maar die per­soon sal steeds ’n re­kord hê.

Related Articles

Back to top button