CrimeNews

Teë­spoed tref ver­meen­de dwelm­smous op N1-snelweg

’n Ver­meen­de dwelm­smous het die af­ge­lo­pe na­week teë­spoed er­vaar na­dat hy in ’n voer­tuig­on­ge­luk op die N1-snel­weg bui­te Be­la-Be­la be­trok­ke was.

Vol­gens ’n po­li­sie­woord­voer­der het die man, wat ’n Ta­ta-bak­kie be­stuur het, op Son­dag 18 Ok­to­ber teen ’n trok op die snel­weg ge­bots.

Die on­ge­luk het teen on­ge­veer 06:30 sowat 5 km van die Palm Plaza Cal­tex-vul­sta­sie by die Settlers/ Be­la-Be­la-af­rit plaasgevind.

Volgens die polisie het die man aan­vank­lik ge­wei­er om vir mediese behandeling na die hos­pi­taal ge­neem te word en wou hy nie sy voer­tuig agterlaat nie.

Een van die beamp­tes, konst. Pie­ter Schee­pers, het snuf in die neus ge­kry toe die man na die voor­kant van die be­ska­dig­de voer­tuig ge­stap het en met die ligeenheid ge­peu­ter het. Die man het toe ’n pak­kie ag­ter die voors­te kop­lig uit­ge­haal, wat klaarblyklik dwelms be­vat het.

Die waar­de van die dwelms word op sowat R3 000 geraam. Die ver­dag­te is op die to­neel in­ heg­te­nis ge­neem en aan­ge­kla van die bes­it van dwelm­mid­dels.

Die woord­voer­der het voorts ge­sê die man is onder polisiebewaking in ’n plaas­li­ke hos­pi­taal opgeneem vir be­han­de­ling.

Die ver­dag­te sou teen druk­tyd ont­slaan ­word en sou na ver­wag­ting op aan­klag van die besit van dwelms in die Be­la-Be­la-land­dros­hof ver­skyn het.

Die man was glo onderweg na Moko­pa­ne toe die ongeluk plaasgevind het. Die onder­soek duur voort.

Related Articles

Back to top button