CrimeNews

Man weer in hof oor ‘hondegevegte’

Ma­di­ba Hof­ney Ma­lu­le­ka, wat ver­le­de jaar daar­van aan­ge­kla is dat hy aan honde­ge­veg­te deel­ge­neem het, het op Maan­dag 19 Ok­to­ber weer in die hof in Modi­mol­le ver­skyn.

Malu­leka is in April ver­lede jaar in heg­te­nis ge­neem na­dat die diere­­be­­sker­­mings­­ver­­eni­­ging (DBV) beslag gelê het op 22 hon­­de, drie skil­­paaie en twee var­­ke op sy erf.

Hy ver­skyn op 12 aanklag­­te wat ver­­band hou met hon­de­ge­veg­te en wreed­heid teen­oor die­re, asook die on­wet­ti­ge be­sit van wild. Vol­gens AO Ani­ta Pre­to­rius, on­der­soek­beamp­te in die saak, het die staat sy saak teen Ma­lu­le­ka af­ge­sluit.

Ver­doe­men­de ge­tuie­nis is teen hom ge­le­wer. Kort ná sy in heg­te­nis­na­me het die DBV bevestig dat pit­bu­lter­riërs, bul­ter­riërs en boer­boe­le in swak om­stan­dig­he­de by hom ge­vind is.

Hul won­de het dui­de­lik te­kens ge­toon dat hul­le in ge­veg­te ge­bruik is en dat daar met hul­le ge­jag is.

Van die die­re moes van kant gemaak word en an­der is in re­ha­bi­li­ta­siepro­gram­me ge­plaas. Die saak word voort­ge­sit op Maan­dag 16 No­vem­ber.

Related Articles

Back to top button